Is jy ’n besige bytjie met ’n hart vir entrepreneurskap?

Of kriewel jou vingers dalk om ’n nuwe vaardigheid aan te leer?

AfriForum se Besigheidsbytjies-werkswinkels bestaan uit interaktiewe sessies propvol praktiese raad en vars insigte wat jou kan help om jou potensiaal te ontsluit.

Kom woon een van ons Besigheidsbytjies-werkswinkels by en ontdek hoe jou drome in planne kan verander.

  • 11 Julie 2026
    Akademia, Paarl-kampus Bredastraat 1, Esterville, Paarl
  • 18 Julie 2026
    Akademia, Leriba-kampus
    Endstraat 245, Clubview, Centurion

Hou hierdie blad dop vir meer inligting.

Of jy nou net begin droom of reeds ’n plan het – jou entrepreneursreis begin hier.